Thursday, July 28, 2011

Victory Weekend

Ons het die naweek wat verby is 'n wonderlike geleentheid gehad waar ons mense kon bedien met die waarhede van die skrif.
Die skrif stel dat die waarheid sal vrymaak. Partykeer is dit nodig om die waarheid te bedien sodat mense kan sien waar daar leuns in hul harte wegkruip.



Daar word vir 'n teller gevra; hoe weet jy dat 'n noot vals is? Die teller antwoord deur om te se, ek werk heeldag met die ware Jakob, so ek weet hoe moet n noot nie voel nie.
Jy word nie vry deur om die heeltyd op die valse te fokus nie, jy word vry deur om die waarheid aan te gryp.

Tydens Victory weekend behandel ons areas waar mense heel moontlik nog moet bevryding ontvang. Ons behandel temas soos: Verslawings, Geestelike verwarring, Seksuele sondes en selfs huidige Verhoudings, en die is verhoudings met God, mens en verlorenes. (Daar is vele meer as net die bogenoemde)

Lilli het 1 les toe kon aanbied wat oor Transformation gaan, en ek self het toe aangebied oor die Kruis, Geestelike verwarring asook seksuele sondes. Daar was ander sprekers ook.
Dit was baie lekker om die kans gegee te word waar ons ons byle bietjie kan slyp sodra dit kom by toekomstige teaching moontlikhede.
Dit was ook amazing om te sien hoe God werk in mense se harte.
Maar dis meer AMAZING om te weet dat dit absoluut niks te doen het met hoe mooi Lilli is en of watse styl klere ek aan het nie, maar dat dit ALS oor die VADER gaan.

Wens ek kon vele meer met jul deel.

Vrede en Vreugde.

No comments:

Post a Comment