Saturday, July 30, 2011

TO GOD BE THE GLORY

Hey Jul almal.

Die amazingste ding het gebeur. Dit het nou die maand so uitgedraai dat indien ek my tiende betaal, gaan ek nie kan uitkom die maand nie. Daar was absoluut geen manier hoe dit sou werk nie.



Ironies genoeg in die tyd lees ek Mal 3 vir my stilte tyd, en die Gees kom herhinder my net aan 'n spesifieke gedeelte van die skrif.
Kerke hou mos daarvan om klem op die eerste gedeelte te plaas, van dat jy moet gee, maar soos wat ons weet is God nie slawedrywer nie. Hy toets jou hart.
Die Gees highlight toe die gedeelte wat lees, "...toets My, en kyk hoe die hemel se skatte vir jou sal oopgaan..." (Jurie vertaling lol).

Anyway, ek betaal toe my tiende, en ek sit voor die rekenaar (ek doen die internet banking ding), en se toe vir Vader, ek gaan nie uitkom die maand nie, maar ek gaan U toets aan U woord.

Nounet het iemand R1400 in my rekening inbetaal met die caption "BLESSING".

Ons Vader ken ons harte.

1 comment:

  1. Dis great. God is awesome. En Hy sorg altyd vir Sy kinders

    ReplyDelete