Tuesday, March 29, 2011

OM DIE GELEENTHEID TE MIS

Die storie kom nou al 'n lang pad.

God is besig om in my hart iets te openbaar van die outoriteit wat ek/ons as gelowiges het in die liefde van ons Vader.
Matt 28:18 lees dat Jesus se dat alle outoriteit in hemel en op aarde aan Hom gegee is.

As ek/ons wedergebore is, en ons lewens is neergele, en ons leef dus in Hom dan, dan beteken dit dat ons het deur Sy genade alle outoriteit in hemel en ook op aarde.

Outoriteit oor wat?
Wel die Woord stel verder dat ons ( 2 Cor 10:4-6) wapens nie gevorm is in die vlees nie, maar magtig is en alle gedagtes tot Jesus tot gehoorsaamheid sal bring.
Wat van gedagtes/vestigings van siekte?
Wat van gedagtes/vestigings van armoede?

So word ek toe aangespoor om te begin loop in die wete dat dieselfde Heilige Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, leef nou in my.  So dit is belangrik om volgens Markus 16:16-18 en 1 Cor 2:4 om nie net die goeie boodskap te gee nie, maar dit met liefde gestig met die Gees se krag.
Maar ek moet se, ek het so n geleentheid gemis, om vir n man wat seergekry het tydens n touch-rugby wedstryd te bid.
Gelukkig het God my toe convict en nie condemn oor dit nie.
So wat het God vir my gese?

Ek moet meer by Sy voete gaan sit.  Wat n mens is in sy gebedslewe is wat die mens is in die samelewing.

Ek por jul aan.  Moenie God se geleenthede mis nie.  Gaan berei jouself voor met ywer om altyd in gereedheid te staan.

Vrede en Vreugde vir jul

No comments:

Post a Comment