Wednesday, May 11, 2011

KAROLES EN LENTE

Wat 'n fees was dit nie, om herhinder te word wat dit is om soos 'n kind ons Vader te aanbid.

Oom Karoles en Lente het kom optree die Sondag by ons kerk.  Ek het gedag dit gaan boring wees en onvolwasse, maar to hul eers Jesus se soldaatjie sing, toe spring die klein kind uit my uit, en ek begin net soos die 5 jariges my voete te stamp en my hande te swaai.

Wat n vreugde om so God te eer in aanbidding.  Niks wat jou terughou nie, geen status wat jy moet behou nie, net jy wat jou alles vir jou Pappa gee.  Ek het skoon vanoggend wakker geword met 'n kinder liedjie in my kop. Prys Home met die tromme, Prys Hom met die harp.
Ek sal nooit vergeet van die dae wat ek my male se ore seker doof gesing het in die kar, toe ek die loflaadjie baantjies so geluister het, dat hul al begin trek het, (ek verstaan nou hoekom Jan de Wet bietjie vals geklink het c",  ).

Die Vader kan ons so baie leer deur om net na 'n kind te kyk.

No comments:

Post a Comment