Dit was Julie maand.
Ek het later begin dink God het vergeet van ons.
(Nou moet ek eers bysê: wanneer God 'n belofte gee, is dit nie te sê daardie belofte is vir NOU nie. Kyk na Abraham wat beloof is dat sy nageslag soveel soos die sterre sal wees. Dit het nie dadelik gebeur nie).
Profisie is soms 'n belofte van "things to come". Dink aan Romeine 4:17
"God...wat...die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan". Fisies is dit nog nie daar nie, maar God praat daarvan asof dit alreeds daar is.
God het gesê daar sal voorsiening wees. Ons het verwag dit sou DADELIK daar gewees het...
Nou ja, ons moes toe nog 'n rukkie langer wag.
Ek het natuurlik wild daarteen geskop, ek wou net TREK. Maar soos altyd het God eers goeie karakterbou en diep werk in my gedoen. Ek het besef "it's not about what I want, it is what God wants". Sy tyd is perfek, Sy tyd is die regte tyd. En "lo' and behold", toe ek laat gaan en oorgee aan die Here, toe gebeur dinge!
As ek nou terugkyk na 6 maande se journey-in-a-nutshell is dit amazing dat alles verseker ten goede mee gewerk het vir ons.
En in ons wildste drome so ons NOOIT kon imagine watter planne God vir ons gekoester het nie.
Want nou is Jurie senter-mister-venter in die middel van sy sendingveld, tussen youth, ons kan na 'n huisie op n plaas trek waar ons kan gaan asem skep na n lang dag, Nunu kan saam ons soontoe trek, ons kan Philip help op die kampterrein wanneer nodig met kampe...
die lys gaan aan mense.
God is faithful.
Always.
So ons huisie/kantoor lyk as volg:
Dis net BOKSE ooral!
Dis vir ons 'n voorreg om hierdie journey met jou te kan deel, om te weet ons is nie alleen nie en dat jy ook involved is in ons lewens!
Ons hoop dat jy opgewonde is saam met ons vir die vooruitsig van hierdie jaar, dat jy saam met ons sal rejoice oor die small victories maar ook dat jy saam met ons sal bid dat God se plan in plek sal val soos wat Hy wil hê dit moet.